Carla Visser

Oudleerders

10/9/2018 | KHS

Oud- (en trotse) KHS leerling, Carla Visser (Oberholzer) het in 2003 gematrikuleer. 

Haar hoërskoolfondasie en liefde vir haar skool en onderwysers / onderwyseresse is steeds deel van wie sy vandag is.

Na afloop van haar genotvolle skoolloopbaan het sy 'n jaar in Brittanje (Engeland) deurgebring en gaan werk in die hotel-industrie. Sy het na  haar 'GAP' jaar ervaring besluit om by die NWU-PUKKE te studeer. 

Sy het haar Honneurskwalifikasie voltooi in 2008 in Korporatiewe Kommunikasie-bestuur en Gemeenskapsontwikkeling.

Sy was lank nie klaar met haar avonture nie en het ook vir 'n jaar in Suid-Korea gaan skoolhou (en Engels as hoofvak) gegee. 

Sy het verskeie geleenthede aangegryp (Carpe Diem) insluitend uitreike in Afrika en Asië. *Sy poog daagliks om elke moontlike oomblik van ander kulture (asook individue se doen-en-late) te leer.*

Sy het in 2010 teruggekeer na haar land van mieliepap en braaivleis en haar Meestersgraad in Kommunikasiestudies aangepak - wat in 2013 aan haar toegeken is.

Carla is 'n geregistreerde skuldberader en dien tans as die media- en skakelbeampte van 'n Skuldbestuur/rehabilitasie-maatskappy (genaamd DebtSafe) in Pretoria, Gauteng.

Jy hoor gereeld haar stem op die radio, onder andere RSG, Radio 2000, Cape Talk en Rise FM. Sy lewer ook agter-die-skerm bydraes en bied raad vir druk- en aanlynmedia platvorms.


comments powered by Disqus