Noordwes uitspele

Netbal

6/10/2019 | KHS

Ons o/14 , o/17 en 1ste span netbalmeisies het vroeg by Hoërskool Gimnasium aangemeld vir hul Noordwes uitspele!

Ons eerstespan het ongelukkig ñ paar beserings opgedoen, maar hul goed van hul taak gekwyt! Hul het selfs met 6 meisies op die baan vir Lichtenburg geklop! Geluk meisies julle het hard gewerk!

Ons o/14's het ook ongelukkig na hul wedstryde in hul poel uitgeval met doelgemiddeldberekening. Steeds trots op ons meisies!

Ons o/17's maak ons egter super trots vandag! Hul speel 5 wedstryde en eindig 1ste in Noord-wes! 
Tellings van hul wedstryde vandag: 
Volkies 22 - 8
Stella 21 - 9
RHS 28 - 2
Gimnasium 16 - 12
Lichtenburg 31 - 8

Baie baie geluk meisies! Julle is net fantasties! 
KHS is baie trots op julle! 
#khsnetbal #nw_wenners


comments powered by Disqus