TROMPOPPIENAWEEK

Trompoppies

6/10/2019 | KHS

Ons staan trots en dankbaar na 'n baie suksesvolle TROMPOPPIEnaweek.
Op Vrydag skop ons die naweek af met 'n inspirerende motiveringsessie by Spur saam met Le Toux du Toit en gister word ons as provinsiale kampioen gekroon tydens die Noordwes Kampioenskappe!

Ons palm eerste plekke in al ses ons kategorieë in tydens die geleentheid.
Geluk aan elke meisie en aan beide ons hoofleidsters Zené en San-Mari wat ook eerste plekke in hul afdelings behaal. Ons maak ook van hierdie geleentheid gebruik om ons drie gr 12's, wie se laaste optrede dit op eie bodem was, te vereer vir hul jare lange bydrae tot die sport, hul lojaliteit en toegewydheid en wyse waarop hul die span en skool se beeld altyd met trots uitgedra het! Hulle gaan verseker gemis word, MAAR vir eers sien ons uit om oor twee weke die skool by die SA kampioenskappe in Oos Londen te gaan verteenwoordig.

Ons bedank graag elke afrigter, kleremamma, ouers en ondersteuner. Dankie aan elke meisie vir jul harde werk en toewyding.
Ons sukses word toegeskryf aan 'n reuse spanpoging.
Geluk trompoppies! 
#khstrompoppies #nwkampioene




comments powered by Disqus