Junie-Julie vakansie ruiternuus

LOER BIETJIE

7/9/2019 | KHS

Lerieschka Vogel as 'n uithourit perderuiter ontvang die jaar vir dié sport se twee elite ritte provinsiale kleure.

Sy verteenwoordig Noord-Wes by die Elite Fauresmith rit van 206 km.

Sy ontvang  erkenning vir die rit. Sy eindig onder die top 10 junior ruiters. Voorwaar 'n prestasie.

Dié Noord-Wes Span eindig op die hakke van die Nasionale span en stap weg met 'n silwer medalje.

Geluk Lerieschka en hou aan met hierdie prestasies.


Geluk aan Lerieschka Vogel Gr 9 en AJ Ernest Gr 9

Hierdie 2 leerders van KHS het die elite perde uithourit oor 3 dae te Fauresmith onder strawe omstandighede voltooi.

Oor die 200km is per perd voltooi met minus temprature tussen die vlaktes en berge.

Meer as 30 persent ruiters voltooi nie die rit nie.

Ons is trots op julle twee.


Loené Olivier, een van ons KHS-ruiters het deelgeneem aan die 3 de Sanesa Qualifier die afgelope naweek. Sy behaal in haar 5 items:

2 x 3de plekke
2 x 2de plekke en 
1 x 1ste plek
Baie geluk Loené, KHS is trots op jou! 
#khsruiters

 

Johanell Lessingh het die afgelope naweek aan Sanesa qualifier 3 deelgeneem.

Sy behaal 'n 2de, 3de en 4de plek.

Sy gaan nou in Augustus deelneem aan die Nationale Kampioenskappe in Brits.

 

comments powered by Disqus