2021 KHS 100

LOER BIETJIE

8/7/2019 | KHS

100 Jaar se KHS-Stories!

 

Beste KHS’er / Oud-KHS’er

 Ons is bevoorreg om in 2021 ons skool se honderdste verjaardag te vier en dit kan net een keer gebeur! Daarom wil ons graag iets baie spesiaals daarvan maak en regtig soveel moontlik van die KHS-familie daarby betrek.

 Ons vra dus asseblief  jou hulp om KHS se storie so volledig moontlik op te teken. Vertel ons asseblief enige iets omtrent die skool wat interessant of dalk van belang kan wees, al is dit iets kleins. Ons wil graag weet wat die afgelope 100 jaar (waarvan jy waarskynlik net 5 jaar beleef het) hier gebeur het: sportgeleenthede, akademiese of ander hoogtepunte, interessante staaltjies oor jouself, klasmaats, onderwysers, koshuiskaskenades, matriekafskeid, tradisies wat dalk verlore gegaan het, miskien stoutighede, lekkerste aktiwiteite, hoe die skool in jou tyd gelyk het, reünies, wat van oudleerlinge geword het – enige iets wat ons kan help om die KHS-prent in te kleur. Foto’s of ander memorabilia is natuurlik meer as welkom!

 Sluit asseblief ook jou eie besonderhede in: naam en van, jare in KHS, broers en/of susters wat in KHS was.

 Ons kan nie wag vir jou storie nie!


comments powered by Disqus