KHS se Atletiekspan het gekwalifiseer vir die Twizza Nasionale skole finaal wat Saterdag op TUKS plaasgevind en uitstekend gevaar het teen die top skole van die Kaap, Gauteng ens.
Die seuns het as 5de beste span in Suid-Afrika geëndig met slegs Affies, Menlopark, Tuks Sportskool en Prestige College voor hulle. Hulle het spanne soos Waterkloof, Paarl Boys, Monument, Garsfontein, Potchefstroom Gimmies, Helpmekaar en Noordheuwel ensovoorts geklop.