Aansoekvorm - 2022

Inligting

8/3/2021 | KHS

U aansoek sal nie oorweeg word indien die volgende gesertifiseerde dokumente nie aangeheg is nie:

1. Laaste vorderingsverslag van die leerder.

2. Gedragskode verslag van leerder vanaf die hoof.

3. Geboortesertifikaat of identiteitsdokument leerder.

4. BEIDE biologiese ouers of wettige voogde se ID-dokumente.

5. Bewys van adres.

6. Bewys van inkomste/betaalstaat van die persoon wat verantwoordelik is vir die betaling van die skoolrekening.

LET WEL:

1. Die biologiese ouers van die leerder, ongeag u huwelikstatus is beide, gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik vir die betaling van die skoolgelde.

2. Die persoon by wie die leerder onder wettige toesig is of die voog van die leerder bly verantwoordelik vir die betaling van die skoolgelde.

3. Klerksdorp Hoërskool is ‘n Quintile 5 skool wat beteken: ALLE LEERLINGE WAT IN KLERKSDORP HOëRSKOOL IS, MOET DIE VOORGESTELDE SKOOLGELDE, SOOS BEPAAL DEUR DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE SKOOL, BETAAL.

4. Ingevolge die SA Skolewet,84 van 1996 klousule 41, mag Klerksdorp Hoërskool die betaling van skoolgelde afdwing deur middel van Regsinvordering.

5. ‘n Regsverteenwoordiger sal d.m.v. ‘n regsproses die agterstallige skoolgelde, sowel as rente wat gehef word, van die verantwoordelike persoon vorder. Alle rekeninge wat agterstallig is, sal oorhandig word vir invordering indien geen reëling getref is of indien reëlings nie nagekom word nie.

6. Ons bankbesonderhede is as volg: NEDBANK REKENINGNR: 1741 379 172 TAKKODE: 1741 38 VERWYSING: U kind se naam en van

LAAI AANSOEKVORMS AF

Hier is die aansoekvorm: 

Link vir KHS se aansoekvorm: Aansoekvorm

comments powered by Disqus