KHS Tennis Sedert 1921

Tennis

5/5/2017 | Kloof Digital
TENNIS | GESKIEDENIS 


GELEENTHEID TOT DEELNAME EN ONTWIKKELING

KHS het tans 9 spanne in die liga ingeskryf. Ons is reeds streekswenners in twee van die afgehandelde ligas en sien uit na die eerste span se  restasie! KHS tennis spog met ʼn  ronsmedalje, 4 de en 5 de plek die afgelope drie jaar in die Super 16 Tuks reeks. Tennis word dwarsdeur die jaar gespeel. Perry Grant is die buite afrigter wat twee keer ʼn week ‘squad training’ doen. Tydens Augustusmaand tree KHS as gasheer op in die alombekende toernooi in Sun City. September gaan die eerste tennis span na Sun City waar hulle ook aan ‘n nasionale toernooi (Wilson Cup) gaan deelneem. KHS bied jaarliks ‘doubles en mix’ toernooi aan waar skole op uitnodiging teen KHS kompeteer.

FASILITEITE

KHS het 5 tennisbane waarvan 3 pas oorgedoen is. 2 bane met spreiligte en ‘n klubhuisie vir onthale van gasspelers.

Opponente van die afgelope twee jaar:
Schoonspruit Hoërskool, Wesvalia, St Conrads, Stilfontein, Orkney, Wolmaransstad, Schweizer, Bloemhof, Vryburg, Volkskool, Gimnasium en Rustenburg val in ons liga streek. Gedurende Super 16 TUKS reeks is ons opponent Waterkloof, Garsfontein, Eldoraigne, Middelburg HTS, Kemptonpark, Centurion, Marais Viljoen, Menlopark.

OPPONENTE VAN DIE AFGELOPE TWEE JAAR

Schoonspruit Hoërskool, Wesvalia, St Conrads, Stilfontein, Orkney, Wolmarans-stad, Schweizer, Bloernhof, Vryburg, Volkskool, Gimnasium en Rustenburg val in ons liga streek. Gedurende Super 16 TUKS reeks is ons opponent Waterkloof, Garsfontein, Eldoraigne, Middelburg HTS, Kemptonpark, Centurion, Marais Viljoen, Menlopark.

TOERNOOIE EN TOERE

Tydens Augustusmaand tree KHS as gasheer op in die  lombekende toernooi in Sun City. September gaan die eerste tennis span na Sun City waar hulle ook aan 'n nationaletoernooi (Wilson Cup) gaan deelneem.
KHS bied jaarliks ʼn 'doubles en mix' toernooi aan waar skole op uitnodiging teen KHS speel.

KHS LEWER TOP TENNISSPELERS 



1 - Johan Hamman beklee tans op die SA ranglys vir ouderdom 30 – 35 posisie nommer 6
2 - Marita en Perry in die NW span destyds. Marita beklee tans die nr 8 posisie op die SA ranglys vir vrou bo 45
3 - Perry bo, Gielie in middel, Marita Faul middel voor

PRESTASIEREKORD



Die eerstespan meisies is tans 2016 se Ligastreekwenners

SPOGSPELERS EN HUL PRESTASIES IN 2016

Bridgette Snyman, nr 1 op die ranglys in NW. Sy het ook eerste ge eindig in die Nw proewe en sodoende haar plek verseker in die span wat Junie maand SA SKOLE interpro gaan deelneem.

  • 5 van die 8 spelers in die NW span wat SA skole toe gaan is KHS’ers
  • 8 spelers op die NW ranglys
  • Stefan Hoffman (gr 8) het goud gewen in die ‘Easter Classics’ met dubbels en silwer met sy enkels