Meisieskoshuis Inligting

Koshuise

12/11/2020 | KHS

Andries Terblanché Meisieskoshuis

Hierdie koshuis bied elke meisie die geleentheid om in ‘n veilige, vrolike, dog vroulike omgewing tuis te gaan.

Die koshuis het vyf gange en ‘n gemeenskaplike eetsaal waar ons saam aan goed gebalanseerde maaltye kan smul. Vir studietyd is die studiesaal in twee dele verdeel en onder die wakende oog van ‘n personeellid en die leerlingraad word daar flink gewerk volgens ‘n vaste rooster. Die graad 12's studeer in hul kamers. 

Daar is ook geleentheid vir godsdiensbeoefening en ‘n gebalanseerde sosiale kalender. Deur die jare het die Andries Terblanché-nooiens by die skool uitgestyg op alle terreine. 

Daar word nie verniet na Andries verwys as die hart van KHS nie! 

SIMBOLIEK VAN EMBLEEM

Ontwerp deur Lorene du Plessis in 2006.

Kroon:

Die kroon simboliseer die sterk Christen geloof wat in die fondamente van die koshuis, elke meisie en betrokke partye, vasgelê is.

Al die meisies in Andries Meisieskoshuis is Koningskinders, en is trots om dié beeld uit te dra na ander en te wys in alles wat sy aanpak.

Sirkels:

'n Sirkel simboliseer in baie gevalle oneindigheid.  Die sirkels in die embleem wys daarop dat die liefde wat mede Andries koshuisgangers vir mekaar en vir hul God het, vir ewig sal aanhou.  Dit is 'n reuse kringloop van liefde en dit raak ook ander aan deur die meisies se interaksies.

Die lewenservaringe, vriendskappe en verhoudings wat elke meisie in haar tyd in Andries Meisieskoshuis opdoen word saam met haar geneem en bly haar lewe lank met haar.

EEN KEER 'n ANDRIES MEISIE – ALTYD 'n ANDRIES MEISIES!!

Die twee vertikale lyne:

Dié lyne stel nat verf voor wat afloop teen 'n oppervlak.  Dit simboliseer nuwe lewe en jeug.  Daar word elke jaar nuwe meisies in die koshuis verwelkom en hulle word dan ook deel van die Andries-familie, waar hulle nuwe dinge beleef en ervaar!

DOELSTELLINGS

  • Christelike norme en waardes
  • Loopbaan gerigte Dames
  • Groepsamehorigheid en Trots
  • Koshuiservaring hoogtepunt van skoolloopbaan

AKADEMIE

  • Verpligte Studietyd
  • 100% slaagsyfer ELKE JAAR!
  • Top 10 leerders   

Klik op link vir meer inligting.

Andries Terblanche Meisieskoshuis inligting

comments powered by Disqus