Piet de Villiers Seunskoshuis inligting

Koshuise

12/11/2020 | KHS

Piet de Villiers (Pieta), is die Seunskoshuis van Klerksdorp Hoërskool. Pieta het 'n ryk geskiedenis en tradisies. Jy kom dalk as ‘n vreemdeling die koshuis binne, maar verlaat dit met Pieta vriende wat deur dik en dun by jou staan.

Hier by Pieta stel ons hoë standaarde en morele waardes. Ons ag akademie, sport en kultuur as ewe belangrik en weet dat dit alles ‘n belangrike rol speel in ons fisiese sowel as geestelike ontwikkeling. Dit is interessant om tydens prysuitdelings te sien hoeveel van die uitblinkers wel Pietas is. 

Wat natuurlik tot voordeel strek, is dat jy as Pieta op die skoolgrond woonagtig is. Jy kan dus al die afrigting ontvang vir jou gekose aktiwiteit sonder om jou oor vervoerreëlings te bekommer.

Ten spyte van die hoë standaarde en waardes het ons ook hope pret. Ons kuier en sokkie ook saam met die mooi en oulike meisies van die Andries Terreblance Meisieskoshuis.

GERIEWE

  • Eetsaal
  • Studiesaal
  • Ontspanningsaal
  • Rekenaarkamer
  • Beoogde vlugbal (volleyball) baan en braai geriewe

DOELSTELLINGS

  • Om as Pietas met trots en selfdissipline, Christelike norme en waardestelsels aan te leer, wat as basis vir ons lewe kan dien.
  • Hierdie waardestelsel berus op respek, trots, integritiet, deursettingsvermoë (guts) en geloof.
  • Om as opgevoede jongman my plek in die samelewing te kan volstaan.
  • Om ‘n groepsamehorigheid as Pietas te kweek.
  • Om die Koshuiservaring die hoogtepunt van ons as koshuisleerder se skoolloopbaan te maak.

DOELWITTE

  • Ons as Pietas se voorkoms moet ten alle tye netjies volgens skoolreëls wees as ons skool toe gaan. Verder moet ons voorkoms te alle tye netjies en op standaard wees.
  • Die kamers, badkamers en gange sowel as die omgewing buite en om die koshuis, moet ten alle tye skoon en netjies wees.
  • Te alle tye moet die koshuis binne en buite veilig wees vir al die inwoners.
  • 100% slaagsyfer op akademiese gebied word verwag.

Kliek vir meer inligting:

Piet de Villiers seunskoshuis inligting

comments powered by Disqus