Krieket Inligting

Krieket

3/10/2021 | KHS

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling

Meer as 80 seuns word jaarliks in KHS se 6 krieketspanne opgeneem: o/14, o/15 A en B en ʼn eerste tot derde span. Krieket word in die eerste, derde en die vierde kwartaal aangebied en ongeveer 70 wedstryde word altesaam gespeel. Daar word hoofsaaklik in die Noordwes- liga meegeding, maar talle wedstryde word ook elders in die land gespeel. Daar is ‘n voltydse krieketakademie wat die seuns die geleentheid gee om spesifieke vaardighede en tegnieke te kan aanleer.  Die krieketakademie oefen regdeur die somer sowel as die winter.  Mnr. Duané Bredenkamp (CSA Vlak 3 en Noordkaap provinsiale afrigter vir die afgelope 4 jaar) is die krieketorganiseerder.

Krieket Inligting






comments powered by Disqus