Trompoppie Inligting

Trompoppies

3/10/2021 | KHS

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling

 In KHS poog ons om aan elke trompoppie die geleentheid tot op die  hoogste vlak van deelname te bied. Ongeveer 30 meisies word jaarliks in KHS se trompoppiespan opgeneem, waaronder al 30 die geleentheid kry om deel te vorm van ten minste een van die ses kategorieĆ« (Small drill, Large drill, Stokgroep, Vlaggroep ,Pom-groep en Baton) waaraan ons jaarliks deelneem.

Trompoppies word reg deur die jaar aangebied en daar word op formele vlak aan ongeveer 5 NW- kompetisies, 2 Gauteng kompetisies en die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in die tweede kwartaal deelgeneem. Op informele vlak stel KHS graag hul trompoppiespan beskikbaar vir sosiale optredes om sodoende blootstelling aan ons dogters te gee.

Daar is tans drie afrigters aan ons span verbonde waarvan mev. Careen Ross, provinsiale afrigter en beoordelaar is. Sy rig die trompoppies alreeds veertien jaar lank af. Die buite-afrigters is Melissa Joubert (oudleerder en hoofleidster). Sy het ook op skoolvlak haar SA-kleure verwerf asook Marixanne Nieuwoudt (voormalige hoofleidster van ons span en lid van die Protea trompoppiespan in 2014, 2016 en 2018).

Bo en behalwe vir die spanprestasies wat behaal word, kry elke dogter as individu die geleentheid om provinsiale of nasionale kleure te verwerf of om selfs opgeneem te word in die Proteaspan wat Suid-Afrika in die buiteland gaan verteenwoordig. 


Trompoppie Inligting



comments powered by Disqus