KHS Tennis

Tennis

4/5/2022 | KHS

Ruan - ons gr 8 tennis speler is besig om groot opslae te maak in die tennis wêreld!

Ruan Delport was die Noordwes o/15 span se nr 1 speler wat die span verteenwoordig het by TSA Hoërskole Interpro in Pretoria. Hy is o/14 huidiglik.

Die span (seuns en meisies) het geskiedenis gemaak deur deur te dring na die top 8 waar hulle 8ste geëindig het.

Ruan het nou die Growthpoint Super 8 toernooi in Bloemfontein gespeel en gister klaargemaak en 6de geëindig Seuns o/14

Woensdag begin TSA Junior Nationals waarvan 60 per ouderdomsgroep genooi word om deel te neem.

Hy is tans nr 15 op die TSA ranglys vir seuns o/14.

Ons is baie trots op ons jongste Tennis ster! Ons hou jou doo!

Jayden Nakana is pas opgeneem in die SA o/19 span wat in London einde Junie Suid Afrika gaan verteenwoordig! Baie baie geluk Jayden en sy afrigter, Perry Grant! Hierdie is 'n besonderse prestasie!!!!

KHS is weer goed verteenwoordig in die Noordwes tennis spanne wat hierdie naweek in die Interpro te Pretoria deelgeneem het.

4 seniors nl Mieke Miuller, Jayden Nakana, Jaydene Kenny en Maya Miko is in die o/19 span opgeneem.

Ruan Delport is in die o/15 span opgeneem. Die juniors het geskiedenis gemaak met hulle oorwinnings! (Sodra amptelike uitslae gegee word sal ons meer inligting hieroor gee)

Baie dankie dat julle ons naam hoog hou! Sterkte vir die seisoen wat nou begin! 



 

comments powered by Disqus