Rekenaarsentrum

Fasiliteite

7/15/2015 | KHS

KHS beskik oor 5 toegeruste rekenaarsentrums wat vir die volgende aangewend word:

  • Twee rekenaarsentrums vir aanbied van die vak Rekenaartoepassings tegnologie (RTT) vir graad 10 tot 12. Hier word leerders onderrig in woordverwerking, sigblad ontwerp, databasis ontwerp, webblad ontwerp, HTML en aanbiedingsprogramme. Die programmatuur wat gebruik word is Microsoft Word, Excel, Access en Powerpoint.
  • Een rekenaarsentrum vir aanbied van die vak Inligtingstegnologie (IT). Hier word leerders onderrig in programmering, deur middel van die tale Delphi en Scratch en databasis ontwerp in Access.
  • Die vak Ingenieursgrafika en Ontwerp word ook in 'n goed toegeruste rekenaarsentrum aangebied. Leerders leer hier om deur middel van die program Turbo CAD 16 op rekenaars te teken. Ingenieurs- sowel as siviele-tekeninge word op rekenaars gedoen.
  • Alle graad 8 en 9 leerders spandeer twee periodes per week in die Lees laboratorium, waar hulle Afrikaans en Engelse leesvaardighede ontwikkel word.
  • Alle graad 8 en 9 leerders besoek ook een keer per week die CAMI Wiskunde rekenaarsentrum, waar hulle addisionele inoefening in Wiskunde doen.
  • Graad 9 leerders besoek een keer per week die IT-rekenaarsentrum waar hulle Excel-vaardighede en inleidende programmeringsvaardighede geleer word.  Hulle gaan ook een keer per week na die RTT-sentrum vir woordverwerkingsvaardighede.



comments powered by Disqus