Verbruikerstudies

Fasiliteite

7/15/2015 | KHS

“Verbruikerstudies is ’n vak wat saam met die tye verander het en met die lewensvaardighede-benadering trek leerders wat die vak neem, die voordele daarvan vir die res van hul lewens!”

*  Verbruikerstudies voorsien ’n leerder van ’n holistiese begrip van die basiese behoeftes van ’n individu ten opsigte van areas soos kleding,

verbruikerswese, gesinstudie, behuising, interieurontwerp, mensontwikkeling, voedsel, voeding en hulpbronbestuur.

*  Verbruikerstudies is dus gemoeid met die totale ontwikkeling van die leerder.  Dit is gemoeid met die verbetering van gesondheid op fisiese, sosiale, verstandelike, geestelike en emosionele vlak.  As gevolg van verbruikerstudies onderrig begin leerders aandag gee aan die invloed van lewenswyse op gesondheid en welsyn.  Leerders begin ook besef dat ondanks hul strewe na onafhanklikheid, hul intens interafhanklik bly.  Dit is ’n vak wat onderwys terugneem na die huis en wat ook ouers betrek by hul kind se onderrig in ontwikkeling.


Die waarde van die leeruitkomste wat in verbruikerstudies onderrig word:


*  Verbruikerstudies is nie slegs ’n waardevolle vak op sigself nie, maar help ook in die ontwikkeling van ander lewensnoodsaaklike

vaardighede.

*  Intellektuele vaardighede word voortdurend ontwikkel in allerlei klaskameraktiwiteite waar van leerders vereis word om te vergelyk, te  verduidelik, in woorde te omskryf, te evalueer, te analiseer en te sintetiseer.  Aangesien hierdie aktiwiteite binne ’n sinvolle konteks plaasvind, word die leer- en denkprosesse tydens volwassenheid voortgesit en het dit ’n betekenisvolle invloed op die hantering van kwessies van die alledaagse lewe.


*   Rekenkundige vaardighede word ontwikkel as ’n noodsaaklike deel van die meeste aspekte van verbruikerstudies.  Voorbeelde hiervan is

wanneer resep hoeveelhede vermeerder of verminder word, wanneer die prys en winsgrens van ’n produk bereken word en wanneer die

huishoudelike begroting opgestel word.

*  Interpersoonlike vaardighede word ontwikkel.  Praktiese ondervinding van interpersoonlike kommunikasie en konflikhantering word opgedoen tydens laboratorium- en groepwerk.


*   Bestuurs- en besluitnemingsvaardighede word tydens groepwerk en gedurende taakopdragte ontwikkel.  Sinvolle verbruikerspraktyke,

finansiële beplanning, maaltydbereiding en –bestuur vereis effektiewe benutting van hulpbronne en behels die gebruik van bestuurs- en

besluitnemingsvaardighede.

 

*   Tegniese vaardighede word tydens praktiese werk ontwikkel in areas soos kleding, voedselbereiding en interieurontwerp (’n afdeling van

behuising).  Hierdie areas bring die leerder in aanraking met die industriële en tegnologiese toepassing van verbruikerstudies.

 

*   Entrepreneursvaardighede word in die modulêre benadering van die onderrig van verbruikerstudies ontwikkel asook tydens buitemuurse

aktiwiteite.  Tydens hierdie aktiwiteite betrek die verbruikerstudiesonderwyser die leerder by bv. die bedryf van onthale en sprysenering vir

skool funksies.

*  Tydens hierdie aktiwiteite maak leerders gebruik van die kennis wat hulle opgedoen het oor bestuurs- en besluitnemingsprosesse, begroting, ens.  Daarbenewens word hoër kognitiewe vaardighede toegepas, bv. strategieë en aksies om entrepreneursplanne in werking te stel om probleme op te los.  Leerders ontwikkel begrip vir die basiese voorvereistes vir sukses, naamlik harde werk, dissipline, eerlikheid en integriteit.  Hulle ervaar dat die persoonlike vaardighede wat ontwikkel is ook help om hulself as individue beter te verstaan.  Karakters word gevorm en leerders kry eerstehandse ondervinding om dit wat hulle geleer het, prakties toe te pas.


*  Hierdie leeruitkomste is ’n kragtige ondersteuning van die morele ontwikkeling van die leerder.  Die onderrig van verbruikerstudies

ontwikkel positiewe houdings, ’n kennis raamwerk en ’n wye verskeidenheid vaardighede; voorwaar ’n vak vir vandag – en die toekoms.

Vakinhoud


1.     Verbruikersopvoeding:

        1.1     Kanale vir verbruikersklagtes.

        1.2     Verbruikersregte en –verantwoordelikhede.

        1.3     Bemarkingstrategieë.

        1.4     Implikasie van belasting, rentekoerse en inflasie op beskikbare fondse.

 

2.     Voedsel en voeding:

        2.1     Voedselpraktyke, -gewoontes en –patrone.

        2.2     Eet reg en bly gesond.

        2.3     Bestuur van voedselverwante hulpbronne.

        2.4     Veilige hantering van voedsel.

 

3.     Kleding:

        3.1     Keuse van geskikte klere.

        3.2     Van vesel tot tekstielstof.

        3.3     Keuse en versorging van kledingstowwe.

        3.4     Bestuur van kledingverwante hulpbronne.

 

4.     Behuising en ameublement:

        4.1     Behuisingskeuses.

        4.2     Ergonomie in die huis.

        4.3     Finansiële en kontraktuele verantwoordelikhede.

 

5.     Voedselproduksie:

        5.1     Basiese toerusting, beginsels en tegnieke.

        5.2     Voedsel en voedselbereidingsmetodes.

        5.3     Beplanning in kleinskaalse vervaardiging van voedsel.

 

Beroepsmoontlikhede:

·               Behuisingkonsultant.

·               Binnenshuise ontwerper.

·               Klerebemarking en produksie.

·               Mode-aankoper.

·               Voedseldiensbestuur.

·               Voedselnavorsing en –gehaltebestuur.

·               Primêre gesondheidsorg.

·               Onderwys.

·               Grootskaalse voedselproduksie – kok.

·               Entrepreneur.

Verbruikerstudies bied jou die geleentheid om jou toe te rus om sukses te behaal in ’n vinnig veranderende wêreld.  Dit kan die antwoord wees vir jou!

comments powered by Disqus