KHS se gholfers het puik presteer by die eerste rondte van die skolegholf liga. KHS se dogters 1’e span was wenners , sowel as die seuns se 2de span. Al KHS se spanne was in die top 3 plekke. Deon Maritz en Pedrie Snyman was die seuns met die beste KHS tellings op die dag, terwyl Carlie Esterhuizen en Kaylin Coetzer die beste dogters tellings aangeteken het.