NW gholfspan by die “SA Premier IPT”

Gholf

9/26/2022 | KHS

Oud-leerder Jaco Anderson was deel van die NW gholfspan by die “SA Premier IPT” en het algeheel as die 2de beste speler weggestap na hy 7,5 van sy 10 wedstryde gewen het. Leon Bevan was die spanbestuurder en het ook sy amptelike baadjie ontvang nou dat hy dien op die SA Gholf se Nasionale Uitvoerende kommitee. NW het sy posisie in die A afdeling behou na oorwinnings oor OP en n gelykop teen Gauteng Noord wat relegasie vir die Pretoria span beteken het. Noordwes het met 1 wedstryd verloor teen WP en die Leeus.



comments powered by Disqus