Leshanè van der Bergh - "Ludik"

LOER BIETJIE

7/21/2022 | KHS

Opwindende nuus vir een van ons huidige Khs'ers.

Netflix het pas aangekondig dat die heel eerste Afrikaanse reeks genaamd "Ludik"

25 Augustus 2022 op hul gewilde platform wêreldwyd uitgesaai gaan word.

Die hoofrol word vertolk deur "The Mummy, Silverton Siege en Griekwastad" akteur ARNOLD VOSLOO.

Leshanè van der Bergh leerling van Klerksdorp Hoërskool vorm deel van die rolverdeling en ons sien uit om haar op die skerm te sien.

Alhoewel daar ouderdomsbeperking van 16 op is, is dit beslis 'n reeks om dop te hou.

Kyk uit vir die voorskou wat amptelik 25 Julie 2022 gaan begin.

Aangeheg is een van die nuuskanale se skakels wat alreeds gons oor die Netflix reeks.

https://www.news24.com/.../arnold-vosloo-stars-in...



comments powered by Disqus